Harry Lawrence | |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 16 Januarie 1948 – 4 Junie 1948 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
---|---|
Voorafgegaan deur | Charles Francis Clarkson |
Opgevolg deur | Eben Dönges |
Ampstermyn 6 September 1939 – 16 Augustus 1943 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | Richard Stuttaford |
Opgevolg deur | Charles Francis Clarkson |
Minister van Justisie
| |
Ampstermyn 1945 – Junie 1948 | |
Eerste minister | Jan Christian Smuts |
Voorafgegaan deur | Colin Steyn |
Opgevolg deur | Charles Robberts Swart |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1901 |
Sterf | 1973 |
Politieke party | Verenigde Party Progressiewe Party |
Harry Gordon Lawrence (1901–1973) was ‘n Suid-Afrikaanse politikus.
Hy was lid van die verligte vleuel van die Verenigde Party en die mees senior LV wat die party in 1959 verlaat het om die Progressiewe Party te stig.
Lawrence het in genl. Jan Smuts se kabinet gedien tot die Nasionale Party die bewind in Mei 1948 oorgeneem het. Hy was minister van binnelandse sake van 1939 tot 1943 en van Januarie tot Junie 1948 en minister van justisie van 1945 tot Junie 1948.
Sy milt is beseer toe Nasionaliste hom op ‘n politieke vergadering tydens die Tweede Wêreldoorlog aangeval het. Dit het hom daarna voortdurende pyn besorg, soos hy verduidelik het toe hy in 1959 die leierskap van die Progressiewe Party van die hand gewys het. Hy het wel die PP se eerste voorsitter geword.
In die algemene verkiesing van 18 Oktober 1961 het Lawrence en nog nege van die LV’s wat die PP begin het, hul setels verloor. Net Helen Suzman het die paal gehaal in Houghton. Hy het nooit weer teruggekeer na die Volksraad nie, maar het as tussentydse leier opgetree van Jan Steytler se bedanking einde 1970 tot Colin Eglin se verkiesing as partyleier in Februarie 1971.