Flavia Julia Helena | |
---|---|
Gebore | Circa 248, Drepanum |
Feesdag | 18 Augustus |
Flavia Julia Helena (Augusta), Helena van Konstantinopel of Sint-Helena (circa 248 – circa 329) was die moeder van die Romeinse keiser Konstantyn die Grote. Die ontdekking van verskeie belangrike relikwieë word aan haar toegeskryf. Sy word binne die Oosters-ortodokse en Rooms-katolieke christendom as heilige vereer.