Henry Fagan | |
Ampstermyn 1957 – 1959 | |
Eerste minister | Hans Strijdom |
---|---|
Voorafgegaan deur | Albert van der Sandt Centlivres |
Opgevolg deur | Lucas Cornelius Steyn |
Regter van die Appèlafdeling
| |
Ampstermyn 1950 – 1959 | |
Regter van die Wes-Kaapse Appèlafdeling
| |
Ampstermyn 1943 – 1950 | |
Minister van Naturellesake
| |
Ampstermyn Junie 1938 – September 1939 | |
Eerste minister | Barry Hertzog |
Voorafgegaan deur | Piet Grobler |
Opgevolg deur | Deneys Reitz |
Lid van die Parlement van Suid-Afrika
| |
Ampstermyn 1933 – 1943 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Henry Allan Fagan 4 April 1889 Tulbagh, Kaapkolonie |
Sterf | 6 Desember 1963 (op 74) Kaapstad, Kaapprovinsie, Suid-Afrika |
Politieke party | Verenigde Party |
Alma mater | Universiteit Stellenbosch Universiteit van Londen |
Regter Henry Allan Fagan (4 April 1889, Tulbagh – 6 Desember 1963, Kaapstad)[1][2] was 'n bekroonde skrywer (onder die naam H.A. Fagan), parlementslid, die Unie van Suid-Afrika se hoofregter van 1957 tot 1959 en die skrywer van die Engelse woorde van Die Stem van Suid-Afrika. Hy was ook Minister van Naturellesake, Opvoeding en Volkswelsyn in die Hertzog-kabinet, hoofregter van Suid-Afrika en ’n Afrikaanse digter en dramaturg wat met sy dramas die Hertzogprys verower.