Herculaas Kruger

Ds. H.F.V. Kruger
Ds. H.F.V. Kruger
Ds. H.F.V. Kruger

Naam Herculaas Frederik Venter Kruger
Sterfte 29 Augustus 1975
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Gobabis-kombinasie (1931–'35)
Fauresmith-kombinasie (1935–'37)
Oos-Londen (1937–'42)
Durban (1942–'45)
Pretoria-Wes (1945–'49)
Eloffsdal-Wonderboom-Suid (1949-'75)
Jare aktief 1931–1975
Kweekskool Potchefstroom

Ds. Herculaas Frederik Venter Kruger (onbekend – 29 Augustus 1975) was tussen 1931 en 1975 predikant in ses gemeentes of kombinasies van die Gereformeerde Kerk.

Kruger was blykbaar ’n boorling van Reddersburg, want van daar het hy in 1924 na die Potchefstroomse Universiteitskollege gegaan om hom vir predikant voor te berei. Hy was een van destyds se 36 studente aan die kollege en van elke student is verwag om mee te werk aan die beeld van die klein inrigting. Die aandeel wat student Kruger hier gehad het aan sport en studentebedrywighede het hom getipeer, skryf prof. S.P. van der Walt in sy lewensberig in die Almanak van 1977: "Hy het nie net gekom om te ontvang nie, maar was bereid om gee. Ontvang – en gee. Daarmee kenskets ons die karaktereienskappe wat sy latere bediening sou kenmerk."

Dié eienskappe het hy by sy voorsate geërf. Prof. Van der Walt skryf ’n voorbeeld hiervan is wat die Venter- en Kruger-familie, veral in die kerk van Reddersburg, bereid was om te offer vir hul beginsel en hul kerk. "Dit is net liefde wat bereid is om te offer, wat kan gee en aanhou gee en ds. Kruger het sy kerk en sy volk lief gehad." In 1931 is hy getroud met Lasea van der Walt van Potchefstroom en ook student aldaar. Hul eersteling is op Gobabis gebore. Kruger het die grade B.A. en B.D. behaal.


Herculaas Kruger

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne