Hermon | |
---|---|
Koördinate: 33°26′0″S 18°58′0″O / 33.43333°S 18.96667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Kaapse Wynlande |
Plaaslike Munisipaliteit | Drakenstein |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Hermon is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is 22 km noord van Wellington. Dit het gegroei om die spoorweghalte op die takspoorlyn wat by Porterville eindig. Die dorp is vernoem na die berg Hermon wat in die Bybel in Deut. 3 verse 8 en 9 genoem word.