Hoba | ||
Die Hoba-meteoriet in Grootfontein. | ||
Voorwerp | ||
Tipe | Yster | |
Klas | 12 | |
Groep | IVB | |
Samestelling | 84% Fe en 16% Ni, met spore van Co, Cu, Cr en ander minder bekende minerale | |
Datum | 1920 (ontdek) | |
Waargenome val | Nee | |
TBG | 60 ton | |
Gebied | ||
Land | Namibië | |
Streek | Grootfontein |
Die Hoba-meteoriet is die grootste meteoriet in een stuk[1] wat al ontdek is. Dit lê op die plaas Hoba-Wes, 19 km van Grootfontein in Namibië. Dit is oopgegrawe, maar vanweë sy groot massa van meer as 60 ton[2] is dit nooit verwyder van waar dit geval het nie. Dit is ook sover bekend die grootste stuk natuurlike yster (eintlik ferronikkel) op die Aarde se oppervlak. Die naam "Hoba" kom van Khoekhoegowab en beteken "geskenk".[3] Dit is in 1955 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.