Kenteken van die Hongkongse nasionale krieketspan | |||||||||||||
Konferensie | Krieket Hongkong (CHK) | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Personeel | |||||||||||||
Kaptein | Nizakat Khan | ||||||||||||
Afrigter | Simon Willis[1][2][3] | ||||||||||||
Spaninligting | |||||||||||||
Stad | Hongkong | ||||||||||||
Tuisveld(e) | Mission Road Ground | ||||||||||||
Internasionale Krieketraad | |||||||||||||
IKR-status | Assosiaatlid (1969) | ||||||||||||
IKR-streek | AKR (Asië) | ||||||||||||
| |||||||||||||
Internasionale eendagwedstryde | |||||||||||||
Eerste EDI | t Bangladesj op Singalese Sportklub-krieketveld, Colombo; 16 Julie 2004 | ||||||||||||
Laaste EDI | t Indië op Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai; 18 September 2018 | ||||||||||||
| |||||||||||||
Krieketwêreldbeker-verskynings | 0/13 | ||||||||||||
Wêreldbeker- kwalifiserings | 8 (eerste in 1982) | ||||||||||||
Beste uitslag | 3de plek (in 2014) | ||||||||||||
Kampioenetrofee-verskynings | 0/9 | ||||||||||||
Twintig20s | |||||||||||||
Eerste T20I | t Nepal op Zohur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 16 Maart 2014 | ||||||||||||
Laaste T20I | t Koeweit op UKM-YSD-krieketovaal, Bangi; 9 September 2024 | ||||||||||||
| |||||||||||||
T20I-wêreldbeker-verskynings | 2/10 (eerste in 2014) | ||||||||||||
Beste uitslag | Eerste rondte (in 2014 en 2016) | ||||||||||||
T20I-wêreldbeker- kwalifiserings | 7 (eerste in 2012) | ||||||||||||
Beste uitslag | 4de plek (in 2015) | ||||||||||||
|
Hongkongse nasionale krieketspan | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 香港板球男子代表隊 | |
Vereenvoudigde Chinees | 香港板球男子代表队 | |
Pinyin | Xiānggǎng Bǎnqiú Nanzǐ Dàibiǎoduì | |
Jyutping | Hoeng1gong2 Baan2kau4 Naam4zi2 Doi6biu2doi6*2 |
Die Hongkongse nasionale krieketspan (Chinees: Tradisionele karakters: 香港板球男子代表隊, Vereenvoudigde karakters: 香港板球男子代表队, Pinyin: Xiānggǎng Bǎnqiú Nanzǐ Dàibiǎoduì, Jyutping: Hoeng1gong2 Baan2kau4 Naam4zi2 Doi6biu2doi6*2) is die nasionale krieketspan wat die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Krieket Hongkong (CHK, van Engels: Cricket Hong Kong; Chinees: 香港板球) wat in 1969 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword het.[9] Hongkong het sy eerste krieketwedstryd in Maart 1866 gespeel.[10]
Hongkong het sy eerste EDIs tydens die Asiatiese Beker 2004 gespeel,[10][11] en in Januarie 2014 is, nadat hulle tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 derde geëindig het, aan hulle EDI-status tot in 2018 toegeken.[12] Die span het in November 2013 T20I-status verkry, nadat hulle vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer het.[13] Hongkong was sy EDI-status in Maart 2018 kwyt, nadat hulle in die uitspeelwedstryd tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 teen Nederland verloor het.[14] In September 2018 het Hongkong egter twee bykomende EDI-wedstryde tydens die Asiatiese Beker gespeel, nadat hulle die T20I-wêreldbekerkwalifikasie kon wen en die IKR aangekondig het dat al die wedstryde tydens die hooftoernooi as EDI-wedstryde erken sal word.[15]
Hongkong het tot dusver aan elke krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooi, behalwe vir dié in 1979 en 2005, deelgeneem.[16] Hulle het ook aan twee Interkontinentale Bekertoernooie deelgeneem, in 2005[17] en in 2015/17, asook aan twee T20I-wêreldbekertoernooie, in 2014 en 2016.
In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Hongkong ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word.[18] Hongkong is tans (September 2024) 23ste op die Twintig20-wêreldranglys.[19]