Hueyi tlahtoani

Geslagsregister van die regerende familie van Tenochtitlan.

Hueyi tlahtoani (hueyi word ook wel as huey of uei geskryf, en tlahtoani as tlatoani) was die naam wat die Asteke aan die hoogste leier van 'n politieke eenheid, waaronder ook die leier van hul eie ryk, gegee het. Hueyi tlatoani is Nahuatls en beteken "groot spreker", en wel spreker in die opsig van opdraggewer.

Hueyi tlahtoani is eens as keiser vertaal, maar dit is nie korrek nie omdat laasgenoemde begrip tipies is aan die Europese kultuur, naamlik die erfenis van die Romeinse Ryk, en afgelei van die naam Julius Caesar.


Hueyi tlahtoani

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne