IKR Amerikas | |
---|---|
Engelse naam | ICC Americas |
Vasteland | Amerikas |
Lede | 17 |
Sportsoort | Krieket |
Sambreelorganisasie | Internasionale Krieketraad |
Setel | Colorado Springs, Colorado, Verenigde State |
Amptelike taal | Engels |
IKR Amerikas (Engels: ICC Americas) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in die Amerikas. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie se hoofkantoor is in Colorado Springs, Colorado, Verenigde State, geleë. Die amptelike taal is Engels.
IKR Amerikas organiseer die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.