Imperator-klas

Die Vaterland is in 1917 deur die Verenigde State gekonfiskeer en deur die Amerikaanse Vloot oorgeneem om as USS Leviathan troepe te vervoer

Die term Imperator-klas verwys na die grootste Duitse passasierskepe wat vir die HAPAG-redery in Hamburg gebou is.[1] Om weekliks een skip uit Europa na Noord-Amerika te laat vertrek, het Albert Ballin, die besturende direkteur van HAPAG, 'n vloot van vinnige stoomskepe laat bou. Die naamgewende Imperator is deur die A.G. Vulcan-skeepsbouwerf vervaardig, die twee susterskepe Vaterland en Bismarck is deur Blohm & Voss gebou, waarby die lengte en grootte met elke nuwe skip toegeneem het. Die bou van hierdie skepe was daarnaas die antwoord op die Britse Olympic-klas van luukse passasierskepe wat in opdrag van die White Star Line-redery ontstaan en onder meer die RMS Titanic ingesluit het.

Die Vaterland, wat in 1913 van stapel geloop het en in die volgende jaar deur HAPAG op die Noord-Atlantiese roete gebruik is, was die grootste passasierskip wat ooit onder die Duitse vlag gevaar het.

  1. "Hafenmuseum Hamburg: TD Imperator. Besoek op 31 Oktober 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2017. Besoek op 31 Oktober 2017.

Imperator-klas

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne