Algemeen | |
---|---|
Naam | Indool |
IUSTC-naam | Indool |
Chemiese formule | C8H7N |
Molêre massa | 117.15 g/mol |
CAS-nommer | 120-72-9 |
Voorkoms | Wit vaste stof |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 52 - 54 °C |
Kookpunt | 253 - 254 °C |
Digtheid | 1.1747 g/cm3 |
Oplosbaarheid | 0.19 g/100 mL (20 °C) Oplosbaar in warm water |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 16.2 (21.0 in DMSO) |
Veiligheid | |
Flitspunt | 121 °C |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Indool is 'n heterosikliese aromatiese organiese verbinding met die formule C8H7N. Dit het 'n bisikliese struktuur, bestaande uit 'n ses-lid benseenring en 'n vyf-lid stikstofbevattende pirroolring. Indool kom wyd versprei in die natuur voor, en kan geproduseer word deur 'n verskeidenheid van bakterieë. As 'n intersellulêre seinmolekuul, reguleer indool verskeie aspekte van bakteriële fisiologie, insluitend spoorvorming, plasmiedstabiliteit, weerstand teen antibiotika, die vorming van biofilms, en virulensie.[1] Die aminosuur triptofaan is 'n afgeleide van indool en die voorloper van die neurotransmitter serotonien.