Iwan Toergenef | |
---|---|
Portret van Toergenef, deur Ilja Repin, 1874. | |
Gebore | Iwan Sergejewitsj Toergenef 9 November [O.S. 28 Oktober] 1818 |
Sterf | 3 September 1883 (op 64) |
Nasionaliteit | Rusland |
Beroep | Skrywer, digter, vertaler |
Bekend vir | 'n Sportman se Sketse • Vaders en seuns • 'n Maand op die Platteland |
Handtekening | |
Iwan Sergejewitsj Toergénef (Russies: Иван Сергеевич Тургенев; 9 November [O.S. 28 Oktober] 1818 - 3 September 1883) was 'n Russiese roman- en kortverhaalskrywer, digter, dramaturg en vertaler wat Russiese letterkunde in the Weste gewild gemaak het.
Sy eerste groot publikasie, 'n kortverhaalversameling getiteld 'n Sportman se Sketse (1852), was 'n mylpaal van Russiese realisme, en sy roman Vaders en Seuns (1862) word beskou as een van die merkwaardigste werke van 19de-eeuse fiksie.