Ds. Izak Jacobus Lessing | |
Ds. I.J. Lessing
| |
Naam | Izak Jacobus Lessing |
---|---|
Geboorte | 8 Junie 1906 |
Sterfte | 12 Julie 1986 (op 80) |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Barkly-Oos 1932–1941 Molteno/Sterkstroom/ Hofmeyr/Queenstown 1941–1948 |
Jare aktief | 1932–1948 (predikant) 1948–1977 (sekretaris-penningmeester) |
Kweekskool | Potchefstroom |
Ds. Izak Jacobus Lessing (8 Junie 1906 – 12 Julie 1986) was tussen 1932 en 1948 predikant in twee Gereformeerde werkkringe en daarna tot sy aftrede in 1977 as sekretaris-penningmeester aan die Kerk se Administratiewe Buro op Potchefstroom verbonde.
Hy het die grade B.A., B.D. en M.A. (Sielkunde) aan die Teologiese Skool Potchefstroom en die PUK verwerf.