Jakes Gerwel | |
---|---|
Gebore | Gert Johannes Gerwel 18 Januarie 1946 |
Sterf | 28 November 2012 (op 66) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Akademikus, politikus en sakeman |
Titel | Professor |
Politieke party | ANC |
Eggenoot | Phoebe Abrahams |
Kinders | Jessie en Heinrich |
Professor Jakes Gerwel (1946 – 2012) was 'n Suid-Afrikaanse akademikus, politikus en sakeman. Hy het as die direkteur-generaal van die Presidensie tydens Nelson Mandela se bewind gedien. In 1999 bemiddel hy die uitlewering van die verdagtes van die Lockerbie-bomaanval na Skotland. Na Mandela se presidentskap was hy die voorsitter van die Nelson Mandela Stigting en die Mandela Rhodes Stigting gewees. Gerwel was ook die voorsitter van die beleidskomitee vir die Krieket Wêreldbeker wat in 2003 in Suid-Afrika aangebied is. Hy het 'n aantal akademiese en besigheidsposisies beklee tot sy dood op 28 November 2012, onder andere as die voorsitter van Media24.[1]