James Dean | |
Geboortenaam | James Byron Dean |
---|---|
Alias | Jimmy Dean |
Geboorte | 8 Februarie 1931 Indiana, VSA |
Sterfte | 30 September 1955 Kalifornië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Rolprente | Rebel Without a Cause (1955) East of Eden (1955) Giant (1956) |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Rolprentpryse | |||
---|---|---|---|
Prys | Jaar | Kategorie | Prent |
Gewen | |||
Golden Globe | 1956 | Dramatiese akteur | Giant |
Jussi | 1955 | Buitelandse akteur | East of Eden |
Benoem | |||
Oscar | 1955 | Akteur | East of Eden |
Oscar | 1956 | Akteur | Giant |
Bafta | 1955 | Akteur in ’n hoofrol | East of Eden |
Bafta | 1955 | Akteur in ’n hoofrol | Rebel Without a Cause |
James Dean (8 Februarie 1931 – 30 September 1955) was ’n Amerikaanse akteur.[1] Hy is ’n kulturele ikoon van tiener-ontnugtering, soos gesien kan word in die titel van sy bekendste rolprent, Rebel Without a Cause (1955) waarin hy die rol speel van ’n gekwelde tiener van Los Angeles, Jim Stark. Die ander twee rolle wat hom beroemd gemaak het, is die alleenloper Cal Trask in East of Eden (1955) en die stuurse plaasarbeider Jett Rink in Giant (1956). Dean se voortdurende roem en gewildheid rus vierkant op hierdie drie hoofrolle. Sy voortydige dood in ’n motorongeluk het van hom ’n legende gemaak.[2]
Hy was die eerste akteur wat nadoods benoem is vir ’n Oscar vir beste akteur en is steeds die enigste akteur met twee nadoodse benoemings. In 1999 het die American Film Institute hom 18de geplaas onder die beste akteurs van alle tye.[3]
{{cite news}}
: AS1-onderhoud: plek (link)