James Franco | |
Franco in 2013.
| |
Geboortenaam | James Edward Franco |
---|---|
Geboorte | 19 April 1978 Palo Alto, Kalifornië, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, rolprentmaker |
Aktiewe jare | 1997–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
James Edward Franco (gebore 19 April 1978) is ’n Amerikaanse akteur, rolprentmaker en toneelspelafrigter. Hy is vir sy rol in 127 Hours (2010) benoem vir ’n Oscar vir beste akteur. Hy is bekend vir rolle in aksieflieks soos die Spider-Man-trilogie (2002–2007), Milk (2008), Pineapple Express (2008), Eat, Pray, Love (2010), Rise of the Planet of the Apes (2011), Spring Breakers (2012), This Is the End (2013) en The Disaster Artist (2017), waarvoor hy ’n Golden Globe gewen het vir beste akteur in ’n komedie of musiekspel. Hy was ook die regisseur en medevervaardiger van laasgenoemde prent. Sy twee broers, Dave en Tom, is ook bekende akteurs.