Johannes Henricus Brand | |
Ampstermyn 2 Februarie 1864 – 14 Julie 1888 | |
Voorafgegaan deur | M.W. Pretorius |
---|---|
Opgevolg deur | F.W. Reitz |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Desember 1823 Kaapstad, Kaapkolonie |
Sterf | 14 Julie 1888 (op 64) Bloemfontein, Oranje-Vrystaat |
Eggenoot/-note | Johanna Sibella Zastron |
Alma mater | Suid-Afrikaanse Kollege, Universiteit van Leiden |
Professie | Prokureur, Opvoedkundige |
Religie | Nederduits Gereformeerd |
Sir Johannes Henricus Brand, GCMG (algemeen bekend as Jan Brand en soms as John Henry Brand) (6 Desember 1823, Kaapstad – 14 Julie 1888, Bloemfontein) was 'n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus en die vierde Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, van 2 Februarie 1864 tot en met sy dood in 1888. Sy leuse was "Alles sal regkom as elkeen sy plig doen".[1]