| ||||
Die Westelike Jin-dinastie (geel) in 280 n.C. | ||||
Hoofstad | Luoyang (265–311) Chang'an (312–316) Jiankang (317–420) | |||
Taal/Tale | Oud-Chinees | |||
Godsdiens | Boeddhisme Taoïsme Konfusianisme Sjinese volksreligie | |||
Regering | Monargie | |||
Keiser | ||||
- 265–290 | Wu | |||
- 419–420 | Gong | |||
Historiese tydperk | Antieke tydperk | |||
- Stigting | 265 | |||
- Abdikasie tot Liu Song | 420 | |||
Bevolking | ||||
- 290 skatting | 22 620 000 | |||
Geldeenheid | Sjinese munte en banknote |
Die Jin-dinastie (Vereenvoudigde Chinees: 晋朝; Tradisionele Chinees: 晉朝; pinyin: Jìn Cháo; Wade–Giles: Chin⁴-ch'ao², IPA: [tɕîn tʂʰɑ̌ʊ]) was ’n Chinese dinastie wat van 265 tot 420 n.C. bestaan het. Daar was twee hooftydperke in die dinastie se geskiedenis: die Westelike Jin (西晉, 265–316) en Oostelike Jin (東晉, 317–420).
Die Westelike Jin is deur Sima Yan (keiser Wu) gestig met Luoyang as hoofstad en die Oostelike Jin deur Sima Rui (keiser Yuan) met Jiankang as hoofstad. Die twee tydperke is ook bekend as Liang Jin (letterlik "twee Jin") en Sima Jin om dit te onderskei van latere dinastieë wat in die Latynse alfabet op dieselfde manier gespel word, soos die latere Jin-dinastie van 1115–1234.