Johan van Ryssen

Ds. Johan Wilhelm Jansen van Ryssen
Ds. Johan van Ryssen
Ds. Johan W.J. van Ryssen

Naam Johan Wilhelm Jansen van Ryssen
Geboorte 19 Oktober 1910
Reddersburg , Oranje-Vrystaat
Sterfte 12 Augustus 1987 (op 76)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Kaapstad, Middelburg, Kaap, Outjo, Parys, Potgietersrus, Laeveld (Tzaneen en Duiwelskloof)
Jare aktief 1937–1977
Kweekskool Teologiese Skool Potchefstroom

Dr. Johan Jansen van Ryssen (Reddersburg, 19 Oktober 191012 Augustus 1987) was tussen 1937 en 1977 leraar in ses gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Buiten die bediening, het ds. Van Ryssen ook in kultuursake belanggestel en dikwels leiding geneem. In Suidwes-Afrika, waar hy leraar van Outjo was, het hy hom veral die lot van die Dorslandtrekkers aangetrek en tree hy op as voorsitter van die reëlingskomitee van twee Dorslandtrek-herdenkingsfeeste, onderskeidelik in 1950 en 1953. Baie artikels en briewe het uit sy pen verskyn. Hy was ook medeskrywer van Die leë wieg en skrywer van Die Messias uit die aarde. Hy het 'n tyd lank in die kuratorium van die Teologiese Skool Potchefstroom gedien en ook in die kieskollege.


Johan van Ryssen

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne