Johann Koch

Die ou kerk op Bredasdorp, waar ds. Koch predikant was van 1898 tot hy in 1903 'n beroep na die Karoo moes aanvaar weens gesondheidsredes. Dié kerk is gebou in 1842, vergroot in 1856 en afgebreek in 1911. Die "nuwe" kerk is ingewy op 23 en 24 November 1912.
Ds. Johann Augustinus Koch.
Die sogenaamde noodkerk van die NG gemeente Loxton was in gebruik van 1900 tot die inwyding van die nuwe en huidige kerkgebou in 1924. In dié beskeie gebou het ds. Koch, die gemeente se eerste leraar, die gemeente van 1903 tot 1905 bedien.
Die "verenigde kerk" van die NG gemeente Christiana moes in ds. Koch se dienstyd (1914-'16) dringend vervang word omdat dit net 'n derde van die gemeentelede kon huisves. Ds. H.P. Pretorius het die hoeksteen van die gemeente se huidige kerk, ontwerp deur Gerard Moerdijk, op 9 April 1921 gelê.
Die NG gemeente Kuilsrivier was van 23 Januarie 1920 tot 29 November 1923 ds. Koch se laaste gemeente.
Ds. Koch, omstreeks 1917.

Ds. Johann Augustinus Koch (11 Julie 1871, distrik Wakkerstroom, Transvaal14 Julie 1925, Stellenbosch) was ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat van 1898 tot 1923, toe hy om gesondheidsredes sy emeritaat moes aanvaar, agtereenvolgens die gemeentes Bredasdorp, Loxton, Albertinia, Christiana, Pearston en Kuilsrivier bedien het.


Johann Koch

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne