Johann Rupert | |
---|---|
Johann Rupert in 2004 | |
Gebore | Johann Peter Rupert 1 Junie 1950 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Entrepreneur |
Bekend vir | Luukse goedere |
Eggenoot | Gaynor Rupert |
Kinders | 3[1] |
Ouer(s) | Anton Rupert en Huberte Rupert |
Johann Peter Rupert (gebore 1 Junie 1950) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman. Hy is die oudste seun van wyle Anton Rupert, ook 'n sakeman, en is voorsitter van die Switsers-gebaseerde luukseartikelmaatskappy, Richemont, sowel as die Suid-Afrikaans-gebaseerde maatskappye, VenFin en Remgro. Hy was van 2009 tot 2019 die kanselier van die Universiteit van Stellenbosch.