John Brown | |
---|---|
Gebore | 8 Desember 1826 |
Oorlede | 27 Maart 1883 (op 56) |
Nasionaliteit | Skots |
Beroep | Handlanger en dienskneg |
Werkgewer | Koningin Victoria |
John Brown (8 Desember 1826 – 27 Maart 1883) was jare lank ’n Skotse dienskneg en gunsteling van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk. Sy bekwaamheid en vriendskap is deur baie waardeer, onder andere die koningin. By ander was hy minder gewild vanweë sy invloed en informele optrede. Die presiese aard van die vriendskap tussen hom en die koningin was al die onderwerp van baie gissings – toe en nou.