Joost van den Vondel | |
---|---|
Joost van den Vondel deur Philip de Koninck (1665) | |
Gebore | |
Sterf | 5 Februarie 1679 (op 91) |
Beroep | Skrywer, dramaturg |
Eggenoot | Mayken de Wolff |
Kinders | 4 kinders |
Joost van den Vondel (Nederlandse uitspraak: ˈjoːst fɑn dɛn ˈvɔndəl; 17 November 1587 – 5 Februarie 1679) was 'n Nederlandse digter, skrywer en dramaturg. Hy word beskou as die mees prominente Nederlandse digter en dramaturg van die 17de eeu. Van die toneelstukke wat uit die tydperk dateer word syne mees dikwels opgevoer. Sy epiese werk Joannes de Boetgezant (1662) wat oor die lewe van Johannes die Doper handel, is al by geleentheid die grootste Nederlandse epiese werk genoem.[1]
Vondel se teaterwerke is tot die 1960's gereeld opgevoer. Mees aanskoulik was die jaarlikse opvoering op nuwejaarsdag (van 1637 tot 1968) van sy Gijsbrecht van Aemstel.
Vondel was tot op sy oudag 'n produktiewe skrywer. Die grootste deel van sy noemenswaardige toneelstukke soos Lucifer (treurspel) en Adam in ballingskap is na 1650 geskryf, toe hy alreeds 65 was. Sy finale toneelstuk, Noag, wat op 80-jarige ouderdom geskryf is, word beskou as een van sy beste werke.