Prof. J.P. Jooste | |
Prof. dr. Piet Jooste
| |
Naam | Joseph Petrus Jooste |
---|---|
Geboorte | 4 Junie 1900 Philipstown, Kaapkolonie |
Sterfte | 17 Augustus 1995 |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Barkly-Oos/Dordrecht (1928–'31) Barkly-Oos/Elliot (1931) Bethulie (1931–'42) Bloemfontein-Wes (1942–'46) |
Jare aktief | 1881–1933 |
Kweekskool | Potchefstroom |
Prof. dr. Joseph Petrus Jooste (noemnaam Piet, distrik Colesberg, Kaapkolonie, 4 Junie 1900 – 17 Augustus 1995) was van 1928 tot 1946 agtereenvolgens predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk (GKSA) en daarna tot sy aftrede in 1970 hoogleraar aan dié kerkverband se Teologiese Skool op Potchefstroom.