Juan-les-Pins Joan dei Pins • Jouan dei Pin | |
---|---|
Kwartier | |
Juan-les-Pins, soos gesien vanaf Kaap Antibes | |
Koördinate: 43°34′16″N 07°06′34″O / 43.57111°N 7.10944°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Provence-Alpes-Côte d'Azur |
Département | Alpes-Maritimes |
Munisipaliteit (commune) | Antibes |
Hoogte | 10 m (30 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 993 |
Poskode | 06160 |
Skakelkodes | 06004 |
Webwerf | antibes-juanlespins.com |
Juan-les-Pins of kort Juan [ʒyˌɑ̃.leˈpɛ̃], in Provensaalse Oksitaans Joan dei Pins (volgens die klassieke norm) of Jouan dei Pin (volgens die spelreëls wat deur die digter Frédéric Mistral en sy beweging Felitbritge vasgelê is) is 'n kwartier en strandoord in die Suid-Franse munisipaliteit Antibes. Dit is suid van Antibes se stadsgebied en wes van die Kaap Antibes langs die Mediterreense kus van die Franse Riviera (Côte d'Azur) tussen Cannes en Nice geleë.
'n Dertigtal privaat en openbare sandstrande en 'n lewendige naglewe met vermaak van alle vorme maak van Juan-les-Pins 'n gewilde toeristebestemming wat ook by stralerjakkers aanklank vind.[1] Reeds in die 1920's het bekende sterre, kunstenaars en skrywers soos Coco Chanel en Marlene Dietrich, F. Scott Fitzgerald en Josephine Baker hier hul vrolike partyjies gevier. Vandag is Juan-les-Pins een van die Mediterreense gunstelinghawens waar die luukse jagte van welvarendes voor anker lê.