Jupiter in natuurlike kleur, soos in April 2014 afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. | ||||||||||
Wentelbaaneienskappe[1] | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Epog J2000 | ||||||||||
Afelium | 816,363 Gm (5,4570 AE) | |||||||||
Perihelium | 740,595 Gm (4,9506 AE) | |||||||||
Halwe lengteas | 778,479 Gm (5,2038 AE) | |||||||||
Wentelperiode |
| |||||||||
Sinodiese periode | 398,88 dae | |||||||||
Gem. omwentelingspoed | 13,07 km/s | |||||||||
Gem. anomalie | 20,020°[3] | |||||||||
Baanhelling | ||||||||||
Lengteligging van stygende nodus | 100,464° | |||||||||
Tyd van periastron | 21 Januarie 2023[4] | |||||||||
Periheliumhoek | 273,867°[3] | |||||||||
Natuurlike satelliete | 95 (soos in 2023) | |||||||||
Fisiese eienskappe |
||||||||||
Gem. radius | 69 911 km 10,973 R⊕ | |||||||||
Radius by ewenaar | 69,911 km 11,209 R🜨 | |||||||||
Radius na pole | 66,854 km 10,517 R🜨 | |||||||||
Oppervlakte | 6,1469×1010 km2 120,4 van die Aarde s'n | |||||||||
Volume | 1,4313×1015 km3 1,321 van die Aarde s'n | |||||||||
Massa | 1,8982×1027 kg
| |||||||||
Gem. digtheid | 1 326 kg/m3 | |||||||||
Oppervlak- aantrekkingskrag | 24,79 m/s2[1] 2,528 g | |||||||||
Ontsnapping- snelheid | 59,5 km/s[1] | |||||||||
Sideriese rotasieperiode | 9,925 h[6] (9 h 55 m 30 s) | |||||||||
Rotasiespoed by ewenaar | 12,6 km/s 45 300 km/h | |||||||||
Ashelling | 3,13°[1] | |||||||||
Regte styging van noordpool | 268,057° (17 h 52 min 14 s) | |||||||||
Deklinasie | 64,496° | |||||||||
0,343 (geometries) 0,52 (Bond)[1] | ||||||||||
Oppervlak-temp. 1 bar level 0,1 bar |
| |||||||||
Skynmagnitude | -1,6 tot -2,94[1] | |||||||||
Hoekgrootte | 29,8" — 50,1"[1] | |||||||||
Atmosfeer | ||||||||||
Oppervlakdruk | 20-200 kPa[7] | |||||||||
Samestelling | 89,8±2,0% Waterstof 10,2±2,0% Helium |
Jupiter is die vyfde planeet van die Son af en die grootste in die Sonnestelsel. Dit is 'n gasreus met 'n massa van meer as twee en 'n half keer dié van al die ander planete in die Sonnestelsel saam, maar effens kleiner as 'n duisendste van die Son se massa. Jupiter is die helderste natuurlike voorwerp in die Aarde se naglug naas die Maan en Venus, en dit word reeds sedert die voorgeskiedenis waargeneem. Dit is genoem na die Romeinse god Jupiter, die koning van die gode.
Jupiter bestaan hoofsaaklik uit waterstof, maar helium beslaan 'n kwart van sy massa en 'n tiende van sy volume. Dit het waarskynlik 'n rotsagtige kern van swaarder elemente,[8] maar ontbreek, nes die ander gasreuse in die Sonnestelsel, 'n goed gedefinieerde soliede oppervlak. Die voortdurende sametrekking van Jupiter se binnekant wek meer hitte op as wat dit van die Son kry. Vanweë sy vinnige rotasie is Jupiter se vorm 'n afgeplatte sferoïde: Dit het 'n effense maar merkbare uitstulping om sy ewenaar. Die buitenste atmosfeer is verdeel in 'n reeks bande in sy breedte, met onstuimigheid en storms aan die grense tussen hulle. 'n Prominente gevolg hiervan is die Groot Rooi Vlek, 'n reusestorm wat minstens sedert 1831 sigbaar is.
Jupiter word omring deur 'n dowwe planetêre ringstelsel en 'n kragtige magnetosfeer. Sy magnetiese stert is byna 800 miljoen km (5,3 AE) lank en strek amper tot by Saturnus se wentelbaan. Jupiter het 95 bekende mane en moontlik meer, insluitende die vier groot mane van Galilei wat in 1610 deur Galileo Galilei ontdek is: Io, Europa, Ganumedes en Kallisto. Io en Europa is omtrent so groot soos die Aarde se Maan, Kallisto is amper so groot soos die planeet Mercurius en Ganumedes is groter.
Pioneer 10 was die eerste ruimtetuig wat Jupiter besoek het. Sy naaste afstand aan die planeet was in Desember 1973.[9] Verskeie robottuie het Jupiter sedertdien besoek, onder meer die Pioneer- en Voyager-verbyvlugsendings van 1973 tot 1979, en later die Galileo-wenteltuig in 1995.[10] In 2007 het die New Horizons die planeet besoek en sy swaartekrag gebruik om sy spoed te verhoog en sy baan aan te pas op sy vlug na Pluto.
Die laaste tuig wat Jupiter besoek het, is Juno, wat in Julie 2016 in 'n wentelbaan om die planeet gegaan het.[11][12] Toekomstige teikens in die Jupiter-stelsel wat besoek sal word, sluit moontlik in die ysbedekte vloeistofoseaan van Europa.[13]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)