Kameeldoring | |
---|---|
Kameeldoring (Vachellia erioloba) | |
Sade en peule | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. erioloba
|
Binomiale naam | |
Vachellia erioloba (E.Mey.) P.J.H.Hurter, (2008)
| |
Sinonieme | |
|
Die kameeldoring (Vachellia erioloba (E.Mey.) P.J.H.Hurter) is 'n boom in die peulplantfamilie (Fabaceae). Die kameeldoring kom in Angola, Botswana, Namibië, Zambië en Zimbabwe voor en in Suid-Afrika in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes voor. Die spesies is van die belangrikste bome in woestyngebiede. Die spesie varieer in grootte, van klein doringstruike tot groot bome.
Daar is 'n woud van kameeldoringbome digby die dorp Kathu in die Noord-Kaap wat in 1995 tot natuurerfenisgebied verklaar is.
Die boom se FSA-nommer is 168.[1]