Karatara | |
---|---|
Koördinate: 33°54′0″S 22°48′57″O / 33.90000°S 22.81583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Hoogte | 0,2 m (,6 ft) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Karatara is 'n versameling van drie nie-aangrensende stedelike nedersettings noord van Sedgefield en 30 km (soos die kraai vlieg) buite die dorp Knysna in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika.[1][2] Die drie nedersettings heet Welsynsdorp, Bergvallei en Bosdorp. Karatara is op die plato geleë en word deur landbougrond en woud omring. Karatara val binne die jurisdiksie van beide die Eden-distriksmunisipaliteit en die Knysna-munisipaliteit. Die gebied het tot en met die plaaslike verkiesings van 5 Desember 2000 egter nog geen plaaslike regeringstatus gehad nie.
Barrington is 5 km oos en George 35 km wes van Karatara indien die kortste roete oor die padnetwerk gevolg word.[3]