Kenya African National Union | |
KANU | |
Leier | Gideon Moi |
---|---|
Gestig | 14 Mei 1960 |
Nuusbrief | Uhuru |
Hoofkwartier | Chania Avenue, off Ring Road, Kilimani, Nairobi |
Studentevleuel | KANU Student League |
Jeugvleuel | KANU Youth League |
Ideologie | Keniaanse nasionalisme Konserwatisme Afrika-nasionalisme Pan-Afrikanisme |
Nasionale affiliasie | Amani-koalisie |
Internasionale affiliasie | Internasionale Demokratiese Unie[1] |
Amptelike kleure | Rooi, groen, swart |
Webblad | kanuparty.org |
Die Kenya African National Union (KANU) is 'n Keniaanse politieke party wat vir bykans 40 jaar regeer het ná dié land se onafhanklikwording van Britse koloniale bewind in 1963 tot sy verkiesingsverlies in 2002. Dit was bekend as Kenia African Union (KAU) vanaf 1944 maar a.g.v. druk van die koloniale regering het KAU sy naam na Kenya African Study Union (KASU) verander hoofsaaklik omdat alle politieke partye in 1939 ná die begin van die Tweede Wêreldoorlog verbied is. In 1946 het KASU homself tot KAU herbenoem na die bedanking van Harry Thuku as president as gevolg van interne verskille tussen die gematigdes wat vreedsame onderhandelinge wou hê en die militantes wat geweld wou gebruik, laasgenoemde het die Aanake a forty (The forty Group) gevorm, wat later die Mau Mau geword het. Sy pos is toe beklee deur James Gichuru, wat in 1947 vir Jomo Kenyatta uitgetree het as president van KAU. Die KAU is van 1952 tot 1960 deur die koloniale regering verbied.[2] Dit is in 1960 deur James Gichuru herstig en op 14 Mei 1960 herdoop na KANU na 'n samesmelting met Tom Mboya se Kenya Independence Movement.[3]