Kevin Mileham | |
Mileham tydens 'n parlementêre debat in September 2019 | |
Skaduminister van minerale bronne en energie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 5 Junie 2019 | |
Skaduminister van energie
| |
---|---|
Ampstermyn 21 Februarie 2019 – 5 Junie 2019 | |
Voorafgegaan deur | Gavin Davis |
Skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake
| |
Ampstermyn 29 Mei 2014 – 21 Februarie 2019 | |
Voorafgegaan deur | John Steenhuisen |
Opgevolg deur | Joe McGluwa |
Hoofsweep vd Demokratiese Alliansie in 2 munisipale koukusse
| |
Ampstermyn April 2006 – Junie 2013 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 23 April 1971 Durban |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Eggenoot/-note | Laura Guest (geskei) Natasha Mazzone (Julie 2017–) |
Kind(ers) | 2 (uit vorige huwelik) |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand |
Kevin John Mileham (gebore op 23 April 1971) is 'n Suid-Afrikaanse politikus, 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie en tans die skaduminister van minerale bronne en energie. Mileham is op 3 Junie 2013 vir die eerste keer tot die parlement verkies, in die plek van Athol Trollip wat bedank het.[1] Sy eerste parlementêre rol was as die skadu-adjunkminister van grondhervorming en landelike ontwikkeling. Ná die algemene verkiesing in 2014 is hy aangestel as die skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake. In Februarie 2019 word hy aangestel as skaduminister van energie. Ná die nasionale en provinsiale verkiesing op 8 Mei 2019 is Mileham as skaduminister aangestel in die uitgebreide portefeulje van minerale bronne en energie. [2]