Kingsmead-stadion | ||
Panoramiese uitsig oor die stadion
| ||
Volle naam | Sahara-stadion Kingsmead | |
---|---|---|
Ligging | Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika | |
Koördinate | 29°51′0.21″S 31°1′40.13″O / 29.8500583°S 31.0278139°O | |
Kapasiteit | 25 000 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Huurders | ||
Dolfyne krieketspan (2003–hede) Durban Heat (2018–hede) |
Kingsmead is 'n krieketstadion in Durban, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.[1] Die stadion se amptelike naam is die Sahara-stadion Kingsmead, omrede dit deur die IT-maatskappy Sahara geborg word. Die stadion kan 25 000 toeskouers huisves, hoewel van die sitplek op grasterrasse is.[2] Dit is die tuisveld van die Dolfyne krieketspan. Die Kingsmead-stadion is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir vyf wedstryde ingespan en tydens die T20I-wêreldbeker 2007 vir nege wedstryde.