Klaas van Rijsse

Klaas van Rijsse
Klaas van Rijsse jr.
Klaas van Rijsse jr.
Gebore23 Februarie 1860
Zaandam, Nederland
Sterf10 November 1941 (op 81)
Renkum, Gelderland, Nederland
BeroepArgitek
Bekend virOntwerp van die NZASM-huis
EggenootJacoba Brummelkamp (née Hartgerink)
Ouer(s)Klaas van Rijsse

Klaas van Rijsse jr. (Zaandam, Nederland, 23 Februarie 1860 – Renkum, Gelderland, Nederland, 10 November 1941)[1] was ’n argitek wat van 1887 tot en met die Tweede Vryheidsoorlog in die Zuid-Afrikaansche Republiek as privaat burger en staatsamptenaar gewerk en vir enkele van die indrukwekkendste geboue uit daardie tydperk verantwoordelik was. Hy en Sytze Wierda het ’n belangrike bydrae tot pres. Paul Kruger se ambisie gelewer om Pretoria ’n meer hoofstedelike bekoring te gee, veral rondom die sentrale Kerkplein, maar albei het ook buite die middedorp en elders in die Zuid-Afrikaansche Republiek gebou.[2]

  1. (nl) GenealogieOnline.nl[dooie skakel]. URL besoek op 24 Oktober 2016.
  2. (nl) Studentenplannen voor Westfort Village bij Pretoria Geargiveer 24 Oktober 2016 op Wayback Machine. URL besoek op 23 Oktober 2016.

Klaas van Rijsse

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne