Die Suid-Afrikaanse Klas 23, no. 2556 op 8 Januarie 2010 in Touwsrivier. | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Vervaardiger | Berliner Maschinenbau Henschel & Son[1] |
Serienommer | Berliner: 10738-10744, 10816, 10985-10999, 11001-11015 [1] Henschel: 23742-23754, 24155-24239 [2] |
Model | Klas 23 |
Klas | Klas 23 |
Vervaardig | 1938 |
Aantal gebou | 136 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2 "Mountain" |
Spoorbreedte | Kaapspoor (1.067 m) |
Voorwielomtrek | 864 mm (34 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 600 mm (63 dm) |
Agterwielomtrek | 864 mm (34 dm) |
Wielbasis | Totaal: 23.686 m Enjin: 5.029 m gekoppelde deel, 11.582 m totaal Tender: 9.347 m |
Lengte | 26.575 m |
Hoogte | 3.950 m |
Raamwerk | Staafraam |
Asbelasting | 19.0 t op die 2de dryfwiel |
Massa op dryfwiele | 75.4 t |
Lokomotiefmassa | 112.7 t |
Tendermassa | 48.0 t leeg 105.9 t met vrag |
Gesamentlike massa | 99.7 t leeg |
Tendertipe | EW * 3-as boegies * 864 mm wiele * Lengte 13.360 m |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 18.3 t |
Waterkapasiteit | 42 000 ℓ |
Stoomketel | 1.886 m binnediameter 8.858 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 550 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 5.853 m2 |
136 buise met 63.5 mm diameter 36 buise met 140 mm diameter Totaal van 294.317 | |
– Vuurkas | 19.138 m2 |
315.87 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 62.802 m2 |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 610 mm (24 dm) boor 711 mm (28 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts[3] |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 192 kN (43 200 lbf) teen 75% keteldruk |
Lokomotiefremme | Vakuum |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë[4] |
Aantal in klas | 136 |
Vlootnommer(s) | 2552-2571, 3201-3316 |
Afleweringsdatum | 1938-1939 |
Eerste tog | 1938 |
Uitdiensdatum | 1983 |
Die Klas 23 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir algemene werk op 80-pond spore. Hierdie klas het geen subklasse nie. Hulle was aanvanklik ontwerp met dryfwiele van 5-voet 6-duim in deursnee maar was uiteindelik gebou met dryfwiele met 'n 5-voet 3-duim deursnee. Dit was gedoen om te verseker dat die lokomotief draaie met 'n 300-voet radius kan hanteer. Hierdie klas was toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Die 12-wiel kolewa kon 9500 gelling water stoor sodat hulle in die Karoo kon diens doen waar watervoorsiening nie altyd verseker was nie.
Daar was 136 van die lokomotiewe in diens gestel waarvan 98 deur Henschel en 38 deur Berliner Maschinenbau verskaf is. As gevolg van die verslegtende politieke situasie in Europa is die hele bestelling geplaas teen Augustus 1939, minder as 'n maand voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Die lokomotiewe het aanvanklik op die Touwsrivier - Beaufort-Wes en die De Aar - Klerksdorphooflyne diens gedoen maar nadat die Klas 25 en Klas-25NC in diens gestel was is hulle oorgeplaas na Bloemfontein. Hiervandaan het hulle Kimberley en Kroonstad bedien. [3]