Nommer 3511 op Hartswater, 24 April 1981. | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë Henschel & Son |
Vervaardiger | North British Locomotive Company Henschel & Son[1] |
Serienommer | Enjins: 3451: Henschel 28730 [2] 3452-3540: NBL 27312-27400 [3] Stoomketels: Henschel 28770-28773 [2] Tenders: Henschel 28730, 28780-28839 [2] |
Klas | SAR Klas 25 |
Vervaardig | 1953[4] |
Aantal gebou | 90 |
Herbouer | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Herboudatum | 1973-1980 |
Aantal herbou | 87 van Klas 25 na Klas 25NC |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-4 "Northern" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Wielbasis | Totaal: 28.983 m Enjin: 11.582 m Tender: 13.970 m |
Lengte | 32.768 m |
Hoogte | 3.962 m |
Raamwerk | Gietstaal |
Asbelasting | 19.6 t op die 3de dryfwiel |
Massa op dryfwiele | 78.1 t |
Lokomotiefmassa | 109.7 t (241 920 lb) leeg 123.0 t met vrag |
Tendermassa | 71.8 t (158 339 lb) leeg 120.8 t met vrag |
Gesamentlike massa | 181.5 t leeg 243.8 met vrag |
Tendertipe | CZ kolewa met water |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 19.3 t |
Waterkapasiteit | 24 800 ℓ |
Stoomketel | 1.934 m binne diameter 5.791 m binne lengte |
Stoomketeldruk | 1 550 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 6.503 m2 |
158 buise met 63.5 mm omtrek 40 buise met 140 mm omtrek | |
– Vuurkas | 13.564 m2 |
203.086 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 58.529 m2 |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 610 mm (24 dm) boor 711 mm (28 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 201.8 kN (45 360 lbk) teen 75% keteldruk |
Lokomotiefremme | Vakuum |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 90 |
Vlootnommer(s) | 3451-3540 |
Bynaam | Condenser (kondenseerder) Worshond (nie-kondenseerder) |
Afleweringsdatum | 1953-1954 |
Eerste tog | 1953 |
Die Klas 25 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotiewe is ontwerp om die Klas 23-lokomotiewe op die Touwsrivier - De Aar hooflyn te vervang. Hierdie hooflyn is 550 km (345 myl) lank deur die Karoo en het destyds 'n groot waterbehoefte vir stoomtreine gehad - water wat gedurende die winter skaars kon raak. Die Klas 25 is ontwerp met 'n kondenseerder wat tot 60% water kon bespaar. Hierdie klas is toegerus met Walschaerts-klepratwerk.[4]