Die Klein-Koerile (Russies: Малая Курильская гряда, Malaja Koerilskaja grjada) is 'n groep eilande in die Stille Oseaan en deel van die Koerile-argipel.[1] Dit sluit Sjikotan, Habomai en verskeie eilande naby Sjikotan in.
Die Klein-Koerile is deel van die Joezjno-Koerilski-distrik van Sachalin-oblast in Rusland. Die Japannese regering beweer dié eilande is nie deel van die Koerile nie, maar van Hokkaido, en maak dus aanspraak daarop.[2][3].