Klein Beer | ||||
Latynse naam | Ursa Minor | |||
Genitief | Ursae Minoris | |||
Afkorting | UMi | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 15h | |||
Deklinasie | 75º | |||
Grootte | 256 vk. grade (56ste) | |||
Kwadrant | NQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 7 | |||
Helderste ster | Polaris | |||
Naaste ster | UU Ursae Minoris | |||
Sterre helderder as 3 m | 2 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 23 | |||
Meteoorreëns | Ursids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Draak, Kameelperd, Kefeus | ||||
|
Die Klein Beer of Klein Wa (Latyn: Ursa Minor) is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Nes by die Groot Beer kan die Klein Beer se stert gesien word as die handvatsel van ’n lepel, vandaar die Engelse naam Little Dipper wat soms gebruik word.
Die Klein Beer is veral bekend daarvoor dat die noordelike hemelpool daarin geleë is, hoewel dit oor ’n paar eeue sal verander vanweë die presessie van die nagewenings.[1] Vanweë sy beweging beskryf die aarde se as in 25 770 jaar ’n groot draaiende keël aan die hemel, sodat die twee hemelpole in ’n sirkel beweeg en dus langsamerhand skuif.