Die Koera (Armeens: Կուր, Kur, Azerbeidjans: Kür, Georgies: მტკვარი Mt'k'vari, Koerdies: rûbara kur, Turks: Kura) is die grootste rivier in die Kaukasus. Die rivier, met 'n lengte van 1 515 km, vloei deur Turkye, Georgië en Azerbeidjan. Die rivier word matig besoedel deur groot industriële sentra soos Tbilisi en Roestawi in Georgië.
Die Koera ontspring wes van Ardahan in Oos-Anatolië, Turkye. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordoostelike rigting en bereik Georgië, waar die rivier Mtkwari genoem word. Net suid van Suid-Ossetië naby Gori draai die Koera in suidoostelike rigting en vloei deur die Georgiese hoofstad Tbilisi. Daarna vloei die rivier verder in suidoostelike rigting deur Azerbeidjan, waar die Araks, die Koera se grootste sytak, naby Sabirabad in die rivier uitmond. Verder suidoos mond die Koera in die Kaspiese See uit.
↑"General Background" (in Engels). Caspian Environment Programme. 6 November 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 November 2019. Besoek op 12 Maart 2010.
↑Rustanov, S. G. (1967). "Drift Balance of the Kura River in its Lower Course"(PDF). Institute of Geography of the Academy of Sciences of the Azerbaijan SSR. Symposum on River Morphology (in Engels). General Assembly of Bern. Commission of Surface Waters. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2012. Besoek op 5 April 2010.