Kokstad | |
---|---|
Kokstad se stadsaal | |
Byname: Chef City | |
Koördinate: 30°33′14″S 29°25′37″O / 30.55389°S 29.42694°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Harry Gwala |
Munisipaliteit | Groter Kokstad |
Stigting | 1869 |
Oppervlak | |
• Totaal | 51,57 km2 (19,91 vk. myl) |
Hoogte | 1 302 m (4 272 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 51 561 |
• Digtheid | 1 000/km2 (3 000/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.1% |
• Indiërs/Asiërs | 1.3% |
• Bruin mense | 8.9% |
• Swart mense | 87.4% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 72.9% |
• Engels | 9.1% |
• Afrikaans | 6.8% |
• Zoeloe | 5.8% |
• Ander | 5.5% |
Poskode (strate) | 4700 |
Poskode (posbusse) | 4700 |
Skakelkode | 039 |
Webwerf | http://www.kokstad.org.za |
Kokstad is 'n dorp in die Harry Gwala-distriksmunisipaliteit van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Kokstad is vernoem na die Griekwa-hoof Adam Kok III wat hom in 1863 daar gevestig het.
Die dorp is teen die hange van die Drakensberge uitgelê, 1 302 m bo seevlak. Mount Currie styg 2 224 m hoog agter die dorp uit. Die dorp is vandag 'n belangrike landbousentrum en die middelpunt vir kaas en ander suiwelprodukte.