Koos du Plessis | |
---|---|
Foto van Koos du Plessis met ’n kamera in sy hande. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Jacobus Johannes du Plessis |
Ook bekend as | Koos Doep |
Gebore | 10 Mei 1945 Rustenburg, Suid-Afrika |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Sterf | 15 Januarie 1984 Buite Krugersdorp, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Musikant, digter en joernalis |
Koos du Plessis (Rustenburg, 10 Mei 1945 – Krugersdorp, 15 Januarie 1984), ook bekend as Koos Doep, was ’n Suid-Afrikaanse musikant wat toonaangewend was in die Afrikaanse musiek-en-liriekbeweging van die 1970's en '80's.[1][2] Hoewel hy kommersieel nie baie suksesvol was as uitvoerende kunstenaar nie, het die albums wat hy in sy leeftyd uitgereik het, 'n nuwe rigting in Afrikaanse musiek ingelui en word dit vandag as van die invloedrykstes in die taal se musiekgeskiedenis beskou. Tientalle verwerkings van sy komposisies is sedertdien deur verskeie ander Afrikaanse kunstenaars opgeneem en ’n hele paar het huldeblyk-albums aan hom opgeneem.
Du Plessis is in die vroeë oggendure van Sondag 15 Januarie 1984[3] in 'n motorongeluk op die ou Krugersdorppad oorlede, nadat sy Volkswagen Kewer op ’n laagwaterbrug by Knoppieslaagte naby Centurion die pad byster geraak het terwyl hy ná middernag op pad was na Nick Taylor, sy musiekregisseur.
Slegs drie Afrikaanse albums is onder sy naam uitgereik.[4] Opnames van nuwe liedjies wat na sy dood ontdek is, het tot 'n vierde album gelei wat in 1995 postuum uitgereik is.
<ref>
tag; no text was provided for refs named My volk
<ref>
tag; no text was provided for refs named klyntji