Kremetart | |
---|---|
'n Kremetartboom in die Ivoorkus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Subfamilie: | Bombacoideae |
Genus: | Adansonia L.[1] |
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
|
Die kremetart (Adansonia), ook bekend as baobab en soms ook aap-broodbome genoem, is 'n genus van agt spesies van bome, inheems aan Madagaskar (met ses spesies), Afrika en Australië (een spesie op elke kontinent). Die naam Adansonia is ter ere van die Franse ontdekker Michel Adanson.
Die kremetartboom behoort tot die familie Malvaceae en staan ook bekend as die "onderstebo boom". Die boom, wat inheems is in Suid-Afrika, Madagaskar en Australië, is bladwisselend met 'n reusagtige, geswelde stam, dikwels in die vorm van 'n bottel, met yl, gedraaide takke en handvormig saamgestelde blare. Die lang, ovaalvormige vrugte ontwikkel uit groot, enkelvoudige blomme.
Die kremetartboom word sedert 1942 wetlik beskerm. Die kremetartboom kom in die warm, dorre savanne-streke van Afrika, van die Soedan tot in die Hoëveld, Madagaskar en Australië voor. Dit groei in sanderige en klipperige grond. Adansonia digitata kan tot 25 m hoog word en 'n deursnee van tot 16 m bereik.
Die kremetartboom se stam is baie dik en geswel. Die takke, wat na die punt smaller word, spruit uit die kroon van die boom en groei min of meer horisontaal. In die winter lyk dit of die boom ontwortel is en met die wortels in die lug in die grond teruggeplaas is. Dr. David Livingstone het die kremetartboom op 'n keer 'n omgekeerde wortel genoem. Die bas is bruin tot grysbruin en redelik glad, terwyl die stam en takke hoofsaaklik uit waterhoudende vesels bestaan wat sag en sponsig is.
Tydens droogte krimp die stamme merkbaar, aangesien die kremetartboom dan die opgegaarde water gebruik. Vroeër is uitgeholde stamme as tydelike blyplek gebruik deur jagters, avonturiers en primitiewe volkere, en al selfs as pak- en melkkamer.
Vanweë die veselrige aard van die hout en die hoë waterinhoud disintegreer die boom vinnig. Dit gebeur soms dat 'n bietjie rook skielik bo die stam verskyn. Kort daarna is daar net stof, as en vesels van die boom oor. Die hout van die kremetartboom is dus waardeloos. Die blare van die jong kremetartboom is gewoonlik enkelvoudig saamgestel, maar namate die boom ouer word, word die blare handvormig saamgesteld en bestaan uit vyf tot sewe vingervormige lobbe. Die liggroen blare is spiraalgewys op die takke gerangskik.
Die blare word dikwels deur swart stamme soos spinasie gekook. Die kremetartboom het groot, wit, wasagtige, gekreukelde blomme. Die blom kan 'n deursnee van tot 14 cm hê en hang onderstebo aan ʼn lang steel. Dit het baie geel meeldrade wat by die basis saamgesmelt is in 'n kort buisie waardeur die styl moet uitgroei. Die lewensduur van die blom is baie kort en wanneer dit gekneus word, gee dit ʼn onaangename reuk af en word bruin.
Die blom ontwikkel in 'n groot, lang en ovaalvormige vrug. Sodra die vrug ryp is, word die buitenste dop houtagtig en hard. Dit is bedek met fyn, digte haartjies. Binne die houtagtige vrug is daar 'n groot aantal klein, swart saadjies wat in die melerige vleis van die vrug vassit.
Die vleis of pulp gemeng met water is 'n verfrissende drankie. Die swart stamme gooi ook die pulp by mieliemeel om die pap suur te maak. Olifante en bobbejane is lief vir die vrug van die kremetartboom. In Australië groei die bottelboom (Adansonia gregorii), wat heelwat kleiner is as Adansonia digitata.
<ref>
tag; no text was provided for refs named GRIN