Laerskool Paul Greyling | |
Leuse | Dien in geloof |
---|---|
Gestig | 1956 |
Tipe | Staatskool |
Leerlinge | 175 (van wie 17 in gr. R) |
Grade | Graad R - gr. 7 |
Adres | Vishoek |
Stad | Kaapstad |
Provinsie | Wes-Kaap |
Land | Suid-Afrika |
Webblad | lpgskool.co.za |
Die Laerskool Paul Greyling was 'n Afrikaansmedium-laerskool in Sunrayweg in die Kaapstadse voorstad Vishoek, volgens sy webwerf "die mees suidelike Afrikaanse skool in Afrika" (hoewel die Laerskool Struisbaai en Laerskool Gansbaai ook Afrikaansmedium is, maar verder suid geleë). Die skool het sy sestigste bestaansjaar in 2016 gevier. Vanaf 2023 het die skool, die laaste Afrikaansmediumskool in Kaapstad se suidelike voorstede, begin om parallelmediumonderrig in te voer met die eerste Engelse gr. 1-klas.