Land en Volk

Land en Volk was 'n Pretoriaanse koerant wat deur Eugène Marais gestig is, en waarvan hy ook die redakteur was. Hy het die koerant gebruik om aanvalle, wat dikwels persoonlik en neerhalend van aard was, teen president Paul Kruger te loods. Gevolglik is Marais telkens voor die hof gedaag op aanklagte van laster. Deur die hoofartikels wat Marais in Land en Volk geskryf het, asook sy prosa en digkuns, het hy 'n vername figuur in die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en letterkunde geword. Marais en Jacob Roos was sedert 1891 die eienaars, toe hulle dit vir £500 gekoop het. Marais het sy redakteurskap in 1896 beëindig. [1]

  1. “An Irritating Pebble in Kruger’s Shoe” – Eugène Marais and Land en Volk in the ZAR, 1891 - 1896 Sandra Swart Historia 48(2) November 2003, bls. 66-87.

Land en Volk

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne