Leponties | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Italië | |
Gebied: | Gallia Cisalpina | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Kelties Vasteland-Kelties Leponties | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | xlp
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Leponties is 'n uitgestorwe Keltiese taal, die taal van die Lepontii, wat tussen 700 v.C. en 400 v.C. in dele van Gallia Cisalpina gepraat is. Dit word gesien as 'n dialek van die Galliese taal en dus 'n Vasteland-Keltiese taal.[1] Die taal is slegs bekend deur 'n paar inskripsies wat in die alfabet van Lugano geskryf is, een van die vyf hoof variëteite van die Noordelike Italiese alfabette, afgelei van die Etruskiese alfabet. Hierdie inskripsies is gevind in die omgewing om Lugano, insluitend by Lago di Como en Lago Maggiore. Soortgelyke inskripsies is gebruik om die Retiese en Venetiese tale te skryf. Die Germaanse rune-alfabette is waarskynlik ook van 'n skrif wat tot die groep behoort het afgelei.
Leponties is eers deur met die vestiging van Galliese stamme noord van die Po-rivier deur Gallies geassimileer en later deur Latyn nadat die Romeinse Republiek beheer oor Gallia Cisalpina verkry het tydens die laat tweede en eerste eeue voor Christus.
Die groepering van al die inskripsies in 'n enkele Keltiese taal word deur sommige vakkundiges in twyfel getrek wat meen dat sommige, veral van die ouer inskripsies in 'n nie-Keltiese taal verwant aan Liguries is.[2] Volgens die standpunt is Leponties die naam vir die nie-Keltiese taal terwyl die Keltiese taal Cisalpina Gallies genoem behoort te word. Na Lejeune (1971), is die konsensus dat Leponties as 'n Keltiese taal geklassifiseer behoort te word, albeit so divergent soos Keltiberies, en in elkgeval onderskeibaar van Cisalpina Gallies. Eers onlangs het 'n neiging ontstaan om Leponties en Cisalpina Gallies as een en dieselfde taal te identifiseer.
Hoewel die taal vernoem is na die Lepontii-stam, wat dele van antieke Rhaetia beste het, spesifiek 'n Alpynse gebied wat tussen moderne Switserland en Italië gestrek het en aan Gallia Cisalpina gegrens het, word die term tans deur baie Keltiese navorsers gebruik om na alle Keltiese dialekte van antieke Italië te verwys. Die gebruik word bevraagteken deur dié wat die Lepontii steeds as een van verskeie inheemse Voor-Romeinse stamme van die Alpe, duidelik onderskeibaar van die Galliërs, wat die vlaktes van Noordelike Italië in historiese tye ingeval het.
Die ouer Lepontiese inskripsies dateer terug na voor die 5de eeu v.C., die item uit Castelletto Ticino is tot 6de eeu v.C. gedateer en die van Sesto Calende moontlik uit die 7de eeu v.C.[3] Die mense wat die inskripsies gemaak het word vandag met die Golasecca kultuur geassosieer wat as Kelties gesien word.[4] Die uitsterfdatum van Leponties word slegs afgelei deur die gebrek aan latere inskripsies.