Likoma-eiland | |
---|---|
Die Malawimeer soos vanaf Likoma-eiland gesien | |
Geografie | |
Ligging | Malawimeer |
Koördinate | 12°04′S 34°44′O / 12.067°S 34.733°O
|
Totale eilande | 2 |
Hoofeilande | Likoma, Chizumulu |
Oppervlakte | 18 km2
|
Administrasie | |
Malawi | |
Streek | Noordelike Streek
|
Hoofstad | Likoma |
Grootste stad | Likoma
|
Demografie | |
Bevolking | 9 000
|
Likoma-eiland is die grootste van twee bewoonde eilande in die Malawimeer (ook bekend as die Njassameer) in Oos-Afrika. Die ander een is die nabygeleë Chizumulu-eiland. Albei behoort aan Malawi, al lê hulle ’n paar kilometer van Mosambiek en word hulle deur Mosambiekse water omring. Saam vorm hulle die Likoma-distrik van Malawi.
Die eiland beslaan ’n gebied van 18 km2 en is in die noordooste van Malawi geleë, 7 km noordwes van Cobue in Mosambiek. Die naaste Malawiese dorp is Chintheche.