Lina Spies | |
---|---|
Gebore | Carellina Pieternella Spies 6 Maart 1939 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, digter, vertaler |
Bekend vir | Digby Vergenoeg |
Lina Spies (*6 Maart 1939 – ) is ’n Afrikaanse skrywer, digter en vertaler. Sy het die Eugène Maraisprys en die Ingrid Jonkerprys in 1972 vir haar publikasie, Digby Vergenoeg gewen.[1] Sy het ook Anne Frank se dagboek, bekend as Die Agterhuis, in Afrikaans vertaal wat aan haar die Nedbank-Akademieprys vir Vertaalde Werk-prys besorg het. Spies het die grootste deel van haar loopbaan Afrikaanse en Nederlandse letterkunde gedoseer. Haar laaste betrekking was by die Universiteit van Stellenbosch.[2]