Ludwig Mies van der Rohe | |
---|---|
Ludwig Mies van der Rohe in 1934 | |
Gebore | Maria Ludwig Michael Mies 27 Maart 1886 |
Sterf | 17 Augustus 1969 (op 83) |
Nasionaliteit | Duitsland (1886–1944) Verenigde State (1944–1969) |
Beroep | Argitek |
Eggenoot | Adele Auguste (Ada) Bruhn (1913–1918, geskei) |
Kinders | 4 |
Ouer(s) | Michael Mies Amalie Mies (née Rohe) |
Ludwig Mies van der Rohe (eintlik Maria Ludwig Michael Mies, * 27 Maart 1886 in Aken; † 19 Augustus 1969 in Chicago) was 'n Amerikaans-Duitse meester-argitek, ontwerper en tussen 1930 en 1933 ook hoof van die beroemde Duitse kuns- en argitektuurskool Bauhaus.
Sy ontwerpe word gekenmerk deur puristiese vormgewing en die grootskaalse gebruik van glas, staal en beton. Hulle lewer ook die grondslag vir die oprigting van groot geboue met suiwer glasfasades (sogenaamde wolkekrabbers) volgens die "Internasionale Styl", een van die moderne stromings van die argitektuur. Sy persoonlike leuse is "weniger ist mehr" (minder is meer).