Luganda/Ganda Oluganda | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [oluɡâːndá] | |
Gepraat in: | Uganda | |
Gebied: | Hoofsaaklik Buganda | |
Totale sprekers: | 6,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Noordoos-Bantoe Groot Mere-Bantoe Nyoro–Ganda Luganda/Ganda | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | lg
| |
ISO 639-2: | lug
| |
ISO 639-3: | lug
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Luganda of Ganda (Oluganda, [oluɡâːndá]) is 'n Bantoetaal in Oos-Afrika wat deur sowat 6,6 miljoen mense gepraat word. Dit word hoofsaaklik deur die Baganda in die Koninkryk Buganda in suid-sentrale Uganda langs die kus van die Victoriameer, insluitende die hoofstad Kampala, gepraat. Luganda is een van die mees gebruikte tale in Uganda en is net na Engels en nog voor Swahili die belangrikste tweede taal in dié land. Tipologies is dit 'n hoogs agglutinerende taal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgoorde en nominatiewe akkusatiewe morfosintaktiese belyning.