MK

Vir die militêre vleuel van die ANC, sien Umkhonto we Sizwe (afgekort MK).
MK
Gestig Middel-1998
Gesluit 31 Julie 2013
Eienaar M-Net
Beeldformaat 16:9/4:3 (576i, SDTV)
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal Engels, Afrikaans
Hoofkantoor Kaapstad
Vorige naam MK89
Susterkanale M-Net
KykNET
SuperSport
Koowee
Vuzu
Webtuiste mk.dstv.com
DStv kanaal 324 (voorheen 89)

MK (voorheen MK89 of Kanaal 89) was 'n Suid-Afrikaanse musiekkanaal op Multichoice se satellietdiens DStv. Die kanaal het meestal gefokus op Afrikaanse programme en musiek, maar het ook 'n verskeidenheid van internasionale en Engelse musiek gespeel.

Die kanaal het middel 2005 die lig gesien, en die naam is afkomstig vanaf die woorde Musiek Kanaal en die kanaal se destydse nommer op DStv, 89. Daar is mettertyd meer en meer na MK89 kanaal as net "MK" verwys, weens die moontlikheid dat Multichoice dalk die kanaalnommer kon verander in die toekoms, soos wat dit gereeld met sy ander kanale gedoen het, en dat MK89 dan sy identiteit sou kon behou. Op 1 Oktober 2007 is MK vanaf kanaal 89 na kanaal 324 verskuif. Teen die einde van Julie 2013 het DStv die kanaal gekanselleer en het besluit om dit te skuif na die klankpakket weens 'n gebrek aan kykers. MK handhaaf steeds 'n aktiewe aanlynteenwoordigheid op hul YouTube kanaal, Facebook blad en webwerf.


MK

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne