Maanmuseum

Maanmuseum (Engels: Moon Museum) is 'n klein keramiekskyfie, 19 x 13 mm groot,[1] met kunswerke van ses prominente kunstenaars uit die laat 1960's. Die kunstenaars met werke in die "museum" is Robert Rauschenberg, David Novros, John Chamberlain, Claes Oldenburg, Forrest Myers en Andy Warhol. [1]

Die skyfie is vermoedelik in die geheim geheg aan 'n voetstuk van die maanmodule Intrepid en daarna deur Apollo 12 op die maan gelaat.[2] Maanmuseum word beskou as die eerste ruimtekunswerk.[3]

Alhoewel dit onmoontlik is om te weet of Maanmuseum op die maan is sonder om nog 'n sending te stuur om uit te vind, het tegnici erken dat hulle persoonlike goedere op die Apollo-landers geplaas het, wat versteek is in die lae goudbedekkings om dele van die ruimtetuig wat op die maan gebly het nadat die ruimtevaarders vertrek het.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 Who is John F.?, History Detectives,Public Broadcasting Service(PBS), Seisoen 8, Episode 1, 7 Junie 2010. Besoek op 14 Julie 2010
  2. Cory, Doctorow (29 Februarie 2008). "Secret museum on the moon's surface / Boing Boing". boingboing.net. Besoek op 21 Junie 2018.
  3. The Moon Museum: First Space Art Object Lands at Tampa Museum of Art Geargiveer 14 Julie 2011 op Wayback Machine Tampa Museum of Art 18 Junie - 1 Augustus 2010. Besoek op 15 Julie 2010.

Maanmuseum

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne