Magnus Carlsen | |
Naam | Sven Magnus Øen Carlsen |
---|---|
Geboorte | 30 November 1990 Tønsberg, Vestfold, Noorweë |
Nasionaliteit(e) | Noorweë |
Titel | Grootmeester 2004 |
FIDE rang | No. 1 (November 2018) |
Beste gradering | 2882 (Mei 2014) |
Wêreldkampioen | 2013–nou |
Sven Magnus Øen Carlsen (gebore op 30 November 1990) is 'n Noorse skaakspeler en die huidige wêreldkampioen. Sy beste gradering van 2882, wat hy in 2014 bereik het, is die hoogste in die geskiedenis van skaak. Carlsen het die wêreldkampioenskap in 2013, 2014, 2016 en 2018 gewen.